Main menu:
DRAMA
Mej Hester Burger staan aan die hoof van Affies se toneel en is die
onderwyseres vir Drama as matriekvak.
Affies se dramaleerders het van 10-19 Augustus in die voordragafdeling van die
Vaaloewer Kunswedstryd deelgeneem.
102 items is ingeskryf en het die volgende uitslae opgelewer:
19 A simbole (80-84%)
44 A+ simbole (85-89%)
39 A++ simbole (90-100%)
Na beoordeling van ‘n Toneelstuk deur Armand Algra en Leora Gouws het die beoordelaars
hulle komentaar begin met die opmerking: "en nou vir die beste!"
MATRIEKUITSLAE 2011: 2
UIT 3 KANDIDATE BEHAAL ONDERSKEIDINGS
DRAMA 2010:
Leora Gouws het in die 2010 ATKV Tienertoneelkompetisie sterk aandag getrek en baie goeie kritiek van die
beoordelaars gekry. Sy is vir haar toneelspel in die kompetisie met ‘n
toekenning vereer.
Vereeniging kunsfees:
Narrespel A++
Tienerpos A+
Smeltkroeg A+
Weg A+
ATKV
Vyf leerders word beloon met toekennings.
Vaaloewer Kunswedstryd
Toneel-
Wen die bobaastrofee vir beste toneel
Narrespel A++
Tienerpos A+
Smeltkroeg A++
Weg A++
DRAMA 2009:
Vaaloewerse Kunswedstryd 2009:
“Narrespel”, “Weg” en “Smeltkroeg” elk met ‘n Pronkveer (Bo 90%) beloon en “Tienerpos”
met ‘n A+.
Tydens die 2009 ATKV-Tienertoneel
in Bloemfontein is die volgende leerders beloon met toekennings:
Leora Gouws vir haar spel in “Narrespel” en “Smeltkroeg”, Elisna J v Rensburg
vir haar spel in “Smeltkroeg”
Anrica Coetze vir haar spel in “Narrespel” en “Tienerpos”, Elani Nel vir haar
spel in “Tienerpos”
Barend Meiring vir Tegniese beligting
DRAMA 2008:
Estevan Coertzen en Venetia Herbst was in 2008 die eerste Affies wat Dramatiese kunste as matriekvak geneem
het en
verwerf albei
onderskeidings vir drama in die matriekeindeksamen.
Affies se dramaleerders en ‘n groot aantal leerders wat drama as buitemuurs beoefen, het in 2008 die eerste keer
aan 2 kunswedstryde en die ATKV-tienertoneelkompetisie
deelgeneem en uitstekend presteer:
Tydens die 2008 ATKV toneelkompetisie se streeksuitdunne behaal die Affies
4 toptoekennings en 7 toekennings in die tweede plek.
AFFIES EINDIG ALGEHEEL DERDE IN DIE VRYSTAAT.
Die voordrag en toneelleerders het die volgende simbole op die Vereeniging Kunsfees verwerf:
2 A++, 1 A+, 1 A, B+.
By die Kroonkunsfees het voordrag 16 A++, 16 A+. 13 A en 11 B+ simbole verwerf.
By dieselfde kunsfees het toneel 3 A++ en 2 A+ simbole verwerf.
Vyf kategoriewenners was Affies.
DRAMA 2007:
Vaaloewerse Kunswedstryd 2007:
Toneel 2 A++, 1 A+ en 1 A simbool.
Toneel: 37 A++ (pronkvere), 27 A+, 15 A, 29 B+ en 6 B simbole.
DANS

Mev Carli Olivier (IDB,PDB)
is verantwoordelik vir dans by Affies
ME OLIVIER BEHAAL DIE KWALIFIKASIE PROFESSOR DE BAILLE VAN DIE
INTERNASIONALE SPANISH DANCE SOCIETY
IN NOVEMBER 2011. DIT IS TANS
DIE HOOGSTE MOONTLIKE KWALIFIKASIE VAN DIE ORGANISASIE EN STEL
HAAR IN STAAT OM ONDERWYSERS TOT DIE HOOGSTE VLAK OP TE LEI.

Kaartjies vir die jaarlikse studiokonsert, wat op 20 Augustus 2011 in die Etienne Rousseauteater
op Sasolburg plaasgevind het, was weke vooruit uitverkoop. Die konsert was van dieselfde
uitstekende gehalte wat gehore al van hierdie studio gewoond geraak het.
OP DIE VAALDRIEHOEK
DANSFEES ontvang
die dansers
twee 80%+ en ses 90%+ diplomas.
Hulle word deur die beoordelaar genooi om ‘n as
gaskunstenaars in die Atterburyteater op te tree.
Verskeie Affiedansers lê die Spanish Dance society se internasionale eksamen op 20 & 21 Oktober af.
Die eksaminator is me Rhoda Rifkin,
voorsitter van die Spanish Dance Society.
SPAANSE DANSE 2010
STUDIOKONSERT 2010: LA PASIÓN
Die jaarlikse studiokonsert, wat op 14 Mei 2010 in die Etienne Rousseauteater op Sasolburg plaasgevind het,
was 'n reusesukses. Kaartjies is uitverkoop en die gehoor het die professionele aanbieding geweldig geniet.

"LA
PASIÓN"
VAAL TRIANGLE DANCE FESTIVAL - 2 SEPTEMBER 2010
PUNTE BEHAAL:
ANDALUSIA 95%,
FIRE DANCE 90%
SPAANSE
DANSE 2009
Affies se Spaanse Dansers het op 8 Augustus 2009 konsert in die
Etienne Rousseauteater gehou.
Die ouditorium was vol en die entoesiastiese gehoor het die uiters professionele
aanbieding
so geniet dat hulle die dansers aan die einde van die vertoning staande
toegejuig het.
In 2009 het Affies gespog met van die grootste aantal inskrywings vir die Spanish Dance Society
se internasionale eksamensessie en het verskeie dansers onderskeidings verwerf.
SPAANSE DANSE 2008
Die Affie danseresse het in September 2008 met 2 A++ (seniorgroep) en 'n A-simbool (juniorgroep)
op die
Vaal Dansfees
weggestap. Hulle tree ook in die prestigekonsert op.
In 2008 het die Affiedansers met 12 onderskeidings gespog na hul
eksterne eksamen van die Spanish Dance Society.
KUNS

Mev Charlotte Bresser
is verantwoordelik vir kuns by Affies
KUNS 2011
Die Affies se skool-kunsloopbaan word jaarliks met ‘n kunsuitstalling afgesluit.
Die finale kunseksaminering het op die oggend van 18 Oktober plaasgevind en die uitstalling is
dieselfde aand deur mnr Kleynhans geopen. Die gesellige geleentheid is deur ouers, vriende en
belangstellendes bygewoon.
Op vanjaar se Vereeniging Kunsfees het die Affies se Kunsinskrywings die beste punte in die
Vaaldriehoek behaal, met die volgende punte:
KUNS 2010
VEREENIGING KUNSFEES 2010
28 Affie-inskrywings is aan die Vereeniging kunsfees se kunsafdeling voorgelê.
Daar is 9 A en A+ simbole toegeken en 10 A++ simbole. Die laagste punt toegeken
is 70%
KUNS 2009
Die 2009
eindeksamen lewer
3
onderskeidings op.
Chris Theron wen in 2009 die graad 10 kunsprys in die
Sasol Techno X kunskompetisie.
KUNS 2008
By Vaaloewerse Kunswedstryd (2008)
word ons beloon met twee A+, tien A en A+, 28 B en C simbole.
Nege leerders van Affies het kunswerke vir die Vereeniging Kunsfees 2009
ingeskryf.
Werke wat vir hierdie kunsfees ingeskryf word, word gedurende die Aprilvakansie
beoordeel deur ‘n paneel bestaande uit kinderkuns-deskundiges en personeel
verbonde
aan die kunsdepartement van die Universiteit van Pietermaritzburg. Die paneel
word
gelei deur Dr Raubenheimer.
Die groep Affies behaal die volgende prestasies:
12 A++ simbole, 2 A+ simbole, 3 A simbole en een B+ simbool
MUSIEK 2011
Emmie Venter (Graad 11) en Konri Bekker (Graad 10) neem vakmusiek.
VAALOEWER KUNSWEDSTRYD 2011:
Emmie Venter neem klavier by mev Ansie Papenfus, Viool by mev Jana Lechtman en
vir die vokale nommers het mev Anita Lombard van Affies haar afgerig.
Emmie het die volgende simbole op die Vaaloerwerse Kunsedstryd behaal:
Klaviersolo A+
Klaviersolo A++
Klavierduet (met Konri Bekker) A++
Viool en Klavier (Konri Bekker klavier, Emmie viool) A+
Strykorkes A
Sangduet met Letisha Ganz A+
Sangduet met Chamari Lessing A
Dogtersensemble A+