Affies


Go to content

Main menu:


Spaanse dans en afsluitings konsert

 

SPAANSE DANSE

 

 

 

STUDIOKONSERT 2011: LA MOMENTOS

 

La Momentos, wat in Augustus in die Etienne Rousseauteater op die planke gebring is,
was weke voor die tyd uitverkoop en die konsert was 'n reusesukses.

 

Op die 2011 Vaal Dance Festival word aan die groep die volgende punte toegeken:

Spaanse Dansitems twee 80%+, ses 90%+ diplomas

 

Al die dansers wat vir die internasionale Spanish Dance Society se eksamens ingeskryf is, het geslaag.

 

 

Afrikaanse H/S se Spaanse Dansskool onder leiding van Carli Bresser (IDB, PDB) het in die onlangse verlede geweldig gegroei: Toe die inskrywings vir die Spanish Dance Society se internasionale eksamens in November 2009 gedoen is, is Carli ingelig dat sy verreweg die meeste inskrywings in die Vaaldriehoek gehad het en dat sy waarskynlik ook van die hoogste getal leerders per dansskool uit inskrywings so ver as Johannesburg en Pretoria ingeskryf het.

 Al die dansers het die eksamen geslaag en verskeie is met onderskeidings beloon. Simbole behaal en getalle is as volg: 95% (1); 80-89% (8); 70-79% (8); 60-69% (3).

 

 

 

STUDIOKONSERT 2010: LA PASIÓN

 

 

Die jaarlikse studiokonsert, wat op 14 Mei 2010 in die Etienne Rousseauteater op Sasolburg plaasgevind het, was 'n reusesukses. Kaartjies is uitverkoop en die entoesiatiese gehoor het die professionele aanbieding geweldig geniet.

 

TONELE UIT LA PASIÓN:

 

  

                                       "BARCELONA"                                                                                                              "LA PASIÓN"

 

     

"PERCUSSION FLAMENCO"                                                                              "FIRE DANCE"

 

 

  

CURTAIN CALL                                                                                                     "VIBRANCE"

 

 

   

 

 

 

Affies is die eerste skool in die Vrystaat wat Dans amptelik as vak begin aanbied het.  Carli Bresser, oud-Affie en goue medaljewenner op die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kuns in Amerika, houer van die Mercedes Molinabeurs en gekwalifiseerde dansonderwyseres, is sedert 2003 die Spaanse dansonderwyseres by Affies.  Affies spog tans met verskeie danseresse wat almal jaarliks die Internasionale Spanish Dance Society eksamens aflê.  Hulle neem in 2009 as ‘n Spaanse Dansgroep aan die Vaal Dance Festival deel en verwerf 2 A, 2 A+ simbole; aan 4 items word simbole bo 90% toegeken, waaronder die hoogste punt op die kompetisie, naamlik 98%.

 

Op die 2010 Vaal Dance Festival word aan die groep die volgende punte toegeken: 90%, 95%, 99%, 100%, 100%, 100%. Die groep word genooi om in Johannesburg op te tree.

 

 

 

AFSLUITINGSKONSERT - 5 NOVEMBER 2010

Charmolize du Plessis word aangewys as die beste Affie-danser van die jaar.

Joanè de Jager word aangewys as die beste nuweling.

 

 

 

 CARLI BRESSER

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Indeks | Akademie | Beheerliggaam en Ouervereniging | Sport | Kultuur en ander aktiwiteite | Personeel | UK | Personeel E-POS | Waar om ons te vind | Kommentaar/ Inligting | Nuusbrief | Oudstudenteblad | Kennisgewing en Nuus | Site Map


Web Page Maintained by Charlotte Bresser Car

Back to content | Back to main menu