Main menu:
“n Groep Affies het gedurende die Julievakansie deur die land getoer. Die doel van die toer
was om ons land en al sy wonderlikhede te geniet. Die toer het afgeskop met ‘n spooktoer
deur
In Oudtshoorn het die Affies in die Cangogrotte rondgekruip en die geleentheid gekry om
op ‘n volstruis te ry. Knysna was ‘n hoogtepunt: ons het op die meer tot by “Die heads” gery en
9km in Daleen Matthee se Kringe in die Bos roete geloop.
By Mosselbaai ry ons na Robbe eiland en besoek van die Posboom tot Dias se boot.
In Kaapstad besoek ons drie groot besienswaardighede, naamlik die Kasteel,
Tafelberg en die Aquarium. By die Aquarium het die leerders ‘n lesing oor haaie gekry
en hulle is toegelaat om aan die haaie te vat. By Baardskeerdersbos het ons nog ‘n
staproete aangepak. Met Bredasdorp as basis besoek ons die bekende skeepswrakke
en by Kaap D’augulhas, die mees suidelike punt van Afrika,
eet almal “vis en chips”.
In
die Boland koop almal vir hul ouers wyn en beleef die sneeu op die berge.
(Voor)Pierre
Smith, Chantel Muller, Hesti-marie Kleynhans, Loreen Strydom
(Middel)Je-mean Viljoen, Yolandi Buytendag, Leomarie Van Pletzen, Anri Janse Van Rensburg,
Juffrou Hester Burger, Ibrie Vorster, Juanita Swart
(Agter links)Penny Bremner, Daneel Nel, Wihan Swanepoel, Johan Du Toit, Armand Thysse, Gerhard Scheepers,
Carl Du Toit, Michelle Gouws, Monique Theunisen, Noeks Cilliers.

Affies se gr 9 leerders voor die Apartheidsmuseum.

Toerismetoer na Kaapstad in Junie
Cowboytoer in die Vrystaat tydens die Aprilvakansie
Roei in die Oranjerivier gedurende die Septembervakansie
Toer
na Kaapstad en omgewing in
September
Stap
in November in die Vredefortkoepel.
Indeks | Akademie | Beheerliggaam en Ouervereniging | Sport | Kultuur en ander aktiwiteite | Personeel | UK | Personeel E-POS | Waar om ons te vind | Kommentaar/ Inligting | Nuusbrief | Oudstudenteblad | Kennisgewing en Nuus | Site Map