Main menu:
Affies VCSV se tema vir die jaar was die vyf liefdestale: geskenke, tyd, diensbaarheid, opbouende woorde en fisiese aanraking. Op Jeugdag, 16 Junie 2011, het die vier VCSV onderwyseresse en ‘n paar Affieleerders die personeel van Vaalpark Netcare Hospitaal besoek, ‘n kaartjie van bemoediging oorhandig en vir die personeel gebid. Dit was ‘n “dankie-sę” vir lang ure se werk en erkennig vir die toewyding en passie waarmee hulle hulle taak verrig.
VCSV 2010
Die jaar 2010 het met ‘n
allemintige donderstorm begin. Die Affies VCSV het op dieselfde manier begin:
met oorgawe!
Ons het op 22-24 Januarie
‘n konferensie gehou saam met Jaco Heyman. Ons het op ‘n ontdekkingsreis gegaan:
wie is ek, hoekom is ek ‘n kringleier en wat is my doel, beide as kringleier en
as Affieleerder.
Ons tema vanjaar is
Godly Evolution. Met ons blokskilderdag op 9 Februarie het
ons lede hul heel beste gegee met die skilder van hul meesterstukke op die
sementstoepe van Affies.
Elke Dinsdag vergader die lede onder die leiding van
goedopgeleide en toegewyde kringleiers.
Verskeie liefdadigheidsaksies word beplan: die jaarlikse hoededag en pantoffeldag het al deel van die Affies se kalender geword. Leerders betaal vir die voorreg om "anders" aan te trek en die geld word vir welsyn aangewend.
Die bedrywighede van die jaar, wat die prysgee van pouses insluit, het bewys dat die Affies die CSV laat werk omdat hulle omgee vir Jesus en SY Saak
2010 BLOKSKILDERKOMPETISIE

BORDKRYTSKILDERY KRINGLEIERS SNR WENNERS JNR WENNERS
OGGEND-OPENING OP 4 MEI 2010
Op 4 Mei het
die Diensjaar vir Christusspan vir 2010 die oggendopening by Afrikaanse H/S
waargeneem en die dag by die skool deurgebring. Soos gewoonlik het die Affies
die Diensjaarprogram baie geniet en ywerig deelgeneem. Op die foto verskyn die
span saam met die Affies se VCSV Kringleiers. (Hulle dra almal vanjaar
lemmetjiegroen hemde!)
Op die foto
voor van links: JP
2de ry: Wilco
le Roux, Diddy Kathlake, Michelle Opperman, Chantél Swiegers (Almal van die
diensjaarspan), Lariska Loubser van Affies,
3e ry: Almal
van Affies CSV: Sasha-Lee van der Merwe, Marli Havenga, Maryke van Zyl, Madelein
van Straaten, Anita de Wet, Sané Gouws, Marietha de Wet, Johanli Esterhuizen,
Nicolette Kriel, Anrica Coetzee, Jowilna vd Berg
Heel Agter:
Kobus Swanepoel (Voorsitter)
PANTOFFELDAG 5 MEI 2010
Gewonder
waarom die Affies pantoffels saam met hulle skooldrag gedra het? Dit was Affies
se jaarlikse pantoffeldag. Leerders het betaal vir die voorreg om pantoffels
skool toe te dra en die opbrengs gaan vanjaar aan ‘n gesin wie se baba onlangs
oorlede is en ten spyte daarvan steeds geweldige hoe mediese koste moet delg.
Indeks | Akademie | Beheerliggaam en Ouervereniging | Sport | Kultuur en ander aktiwiteite | Personeel | UK | Personeel E-POS | Waar om ons te vind | Kommentaar/ Inligting | Nuusbrief | Oudstudenteblad | Kennisgewing en Nuus | Site Map